Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages by month Julie

Our Lady of Medjugorje Messages by month Julie

Liewe kinders, vandag vra ek jou die besluit te neem met geduld tyd te spandeer aan die gebed. My liewe kinders, jy kan nie sê dat jy My behoort en deur my boodskappe bekeer is, as jy nie bereid is elke dag tyd vry te maak vir God. Ek is naby aan julle en seën vir julle almal. My liewe kinders, vergeet nie dat jy, as jy nie bid nie, nie naby My is, en ook nie by die Heilige Gees, wat jou lei op die pad na die heiligheid. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ek dank julle vir jou gebede en vir die liefde, wat julle my bewys. Ek nodig julle uit te besluit om vir my bedoelings te bid. Liewe kinders, bied novenen aan en offer dit op om los te kom van dit waaraan jy die meeste geheg is. Ek wil hê dat jou lewe met my verbind sal wees. Ek is julle Moeder en wil nie, liewe kinders, dat satan jou mislei. Hy wil julle op die slegte pad bring! Dit kan hy egter nie, as julle dit hom nie toelaat. Daarom, liewe kinders, opnuut die gebed in jou hart, dan sal julle my oproep en my vurig verlang om julle te help, verstaan. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag nodig ek julle weer uit tot gebed en wel tot gebed van vreugde, sodat in hierdie droewige dae niemand van julle bedroef gemaak is tydens die gebed, maar die gebed ervaar as 'n vreugdevolle ontmoeting met God, sy Skepper. Bid, kinders, om nader aan my te kan wees en om deur die gebed te kan ervaar, wat ek van jou verlang. Ek is by julle en seën jou elke dag met my moederlike seën, sodat God julle almal sy genade oorvloedig kan skenk vir jou daaglikse lewe. Dank God vir die gawe, dat ek by julle kan wees. Ek sê vir julle: dit is 'n groot genade. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag roep ek julle op te bid vir vrede. In hierdie tyd is die vrede heel besonder bedreig en ek smeek julle om die vas en die gebed in julle gesinne te hernu. Liewe kinders, ek wens dat julle die erns van die situasie insien en dat jy verstaan, dat baie van wat gebeur sal afhang van julle gebed, maar julle bid min. Liewe kinders, ek is met julle en roep julle op om ernstig met gebed en vas te begin, soos in die eerste dae van my kom. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Vandag roep ek julle tot vrede op. Ek het hier gekom as Koningin van die Vrede en as Moeder wil ek jou verryk met my vrede. Liewe kinders, ek bemin julle en wil julle almal lei na die vrede wat God alleen gee en wat elkeen ryk maak. Ek roep julle op, sodat julle die draers, die getuig van my vrede word in hierdie wêreld sonder vrede. Mag die vrede heers in die hele wêreld wat sonder vrede is en wat vurig na die vrede verlang. Ek seën julle met my moederlike seën.

Liewe kinders, vandag nooi ek julle uit na vernuwing van jou hart. Stel jou oop vir God en gee Hom al jou probleme en jy kruisies, sodat God alles in vreugde kan verander. Kinders, julle kan jy nie vir God oopstel as julle nie bid nie. Besluit daarom vanaf vandag elke dag 'n tyd uitsluitend en alleen te wy aan die ontmoeting met God in die stilte. Dan sal julle met God kan getuig oor my teenwoordigheid hier. Kinders, ek wil jou nie dwing nie, maar gee vrywillig jou tyd aan God as kinders van God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Vandag nodig Ek julle uit tot volle oorgawe aan God. Alles wat julle doen of wat julle besit, gee dit aan God, sodat Hy soos 'n koning oor jou lewe regeer. Dan sal God julle via My na die hele diepte van die geestelike lewe kan lei. Ek het geen vrees nie, want Ek is met julle, selfs wanneer julle dink dat daar geen oplossing meer is en dat Satan hier aan die werk is. Ek bring julle die vrede. Ek is jou Moeder en die Koningin van die Vrede: Ek seën julle met die seën van die vreugde. Mag God vir julle heel jou lewe is.

Liewe kinders, Ek versoek julle vanaf vandag die weg van die heiligheid te kan wandel. Ek hou van julle en daarom verlang Ek dat julle heilig wees. Laat jou op die weg nie deur Satan verhinder. Liewe kinders, bid en neem alles in ontvangs wat God jou op hierdie weg wat ongeneeslik is, aanbied. Maar aan elkeen wat hierdie weg inslaan, openbaar God die vreugde en die verlange om van ganser harte gehoor te gee aan sy oproepe. Heg geen waarde aan die klein dinge nie, maar rig jou op die hemel.

Haat veroorsaak verdeeldheid. Ek nodig julle uit om eendrag en vrede uit te dra, veral waar julle woon. Liewe kinders, handel met liefde. Laat die liefde steeds jou enigste middel is. Keer deur die liefde alles ten goede wat Satan probeer om te vernietig en hom alles toe te eien. Alleen so sal julle My volkome behoort, en Ek sal julle kan help.

Wat 'n vreugde gee julle my, julle wat die weg van die heiligeheid bewandel. Ek versoek julle om almal wat nie heilig lewe te help deur julle getuienis. Daarom moet jou familie die plek is waar die heiligheid gebore word. Help almal om in heiligheid te leef, veral die lede van jou eie gesin.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]