Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'tussenbeide'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'tussenbeide'

Total found: 7
Ek nooi julle almal, sonder uitsondering, uit jou lewe te lei op die pad na die heiligheid. God het julle die gawe van die heilige geskenk. Bid om hierdie beter te leer ken. Dan sal jou lewe van God kan getuig. Liewe kinders, Ek seën julle en kom voor julle tussenbeide by God, sodat jy weg en jy getuienis volkome kan wees, en 'n vreugde vir God.

Liewe kinders, Ek nodig julle uit na gebed, sodat julle God mag ontmoet in die gebed. God gee hom aan julle, maar Hy wil hê dat julle in alle vryheid gehoor gee aan sy oproep. Kinders, neem daarom in die loop van die dag 'n vaste tyd om in vrede en nederigheid te bid en hierdie ontmoeting met die Skepper te hê. Ek is met julle en Ek kom voor julle tussenbeide by God. Sorg daar dus voor dat elk van hierdie ontmoetings geteken mag wees met vreugde deur die kontak met God.

Ek nooi julle uit vir 'n totale oorgawe aan God. Ek nodig julle uit vir die groot vreugde en die vrede wat alleen God gee. Ek is met julle en kom altyd vir julle tussenbeide by God. Ek nodig jou uit, liewe kinders, na my te luister en die boodskappe na te lewe wat ek jou gee. Al jarelank word julle tot die heiligheid genooi, maar julle is daar nog ver vandaan. Ek seën julle.

Liewe kinders, vandag seën ek julle op 'n spesiale wyse met my moederlike seën en kom ek vir julle tussenbeide by God, sodat Hy jou die bekering van jou hart gee. Al jare roep ek julle op en spoor ek julle aan tot 'n diep geestelike lewe in alle eenvoud, maar julle is so koel! Daarom, kindertjies, aanvaar en beleef die boodskappe asseblief ernstig, sodat jou siel nie bedroef is wanneer ek nie meer by julle sal wees en wanneer ek jou nie meer sal lei as 'n kind wat onseker sy eerste stappe sit. Liewe kinders, lees daarom elke dag die boodskappe wat Ek julle gegee het en sit dit om in die lewe. In bemin julle en daarom nodig Ek julle almal uit na die pad na die heil met God.

Liewe kinders, vandag nooi ek julle uit die boodskappe wat ek jou gee ernstig te aanvaar en te beleef. Ek is met julle, liewe kinders, en Ek verlang dat elkeen van julle by my Hart is. Bid daarom, kinders, en soek die wil van God in jou daaglikse lewe. Ek verlang dat elkeen van julle die weg na die heiligheid ontdek om daarop voort te gaan tot aan die ewigheid. Ek sal vir jou bid en by God tussenbeide kom, sodat julle die grootheid verstaan van hierdie gawe van God, waardeur Ek by julle kan wees.

Ek nodig Julle uit op 'n besondere wyse vir die vrede te bid. Liewe kinders, sonder die vrede kan julle nie vandag of in jou daaglikse lewe die geboorte van die kind Jesus na waarde skat. Bid dus die Vors van die vrede wat Hy julle met sy mantel kan beskerm en dat Hy julle kan help om die grootheid en die belangrikheid van die vrrede in jou hart te verstaan. So sal julle in staat is om die vrede van jou hart oor die hele wêreld te maak. Ek is met julle en Ek kom voor julle tussenbeide by God. Bid, want Satan wil my plan vir die vrede vernietig. Wees deur jou lewe met mekaar versoen om te werk, sodat die vrede mag heers op die hele aarde.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op tot gebed. Kinders, wees blije draers van vrede en liefde in hierdie wêreld sonder vrede. Getuig deur vas en gebed dat jy van my is en dat jy my boodskappe beleef. Bid en soek. Ek bid tot God en kom by Hom vir jou tussenbeide sodat jy jou bekeer. Mag jou lewe en gedrag altyd diep Christelike wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]