Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'terug'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'terug'

Total found: 3
Liewe kinders, God het my hierdie tyd gegee as 'n geskenk vir julle, sodat ek jou kan leer en kan lei op die weg van die heil. Liewe kinders, nou verstaan jy hierdie genade nie, maar spoedig sal die tyd kom dat jy met weemoed terug sal dink aan hierdie boodskappe. Leef daarom, my liewe kinders, volgens al die woorde wat ek jou tydens hierdie tyd van genade gegee het en bly bid, totdat die gebed vir julle vreugde word. Heel besonder nodig ek diegene uit wat hulle aan my Onbevlekte Hart het toegewy om vir ander 'n voorbeeld te wees. Ek nooi alle priesters en alle manlike en vroulike religieuse uit die rosekrans te bid en dit aan ander te leer bid. Liewe kinders, die rosekrans is vir my besonder kosbaar. Open jou hart vir my deur die bid van die rosekrans, dan kan ek julle help. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag roep ek jou op my getuies te word deur te lewe volgens die geloof van jou vader. My liewe kinders, jy is op soek na tekens en boodskappe en sien nie dat God jou elke môre deur die sonsopkoms oproept tot ommekeer en terug te keer na die weg van waarheid en heil. Liewe kinders, jy praat baie, maar doen min aan jou bekering. Dus, bekeer jou en begin my boodskappe nie met woorde nie, maar met dade te beleef. Dan sal jy, my liewe kinders, die krag het om te besluit om jy regtig van harte te bekeer. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit nader aan my Onbevlekte Hart te kom. Ek nodig jou uit in jou gesinne terug te keer tot die entoesiasme van die eerste dae, toe ek julle aan vas, tot gebed en tot bekering versoek. My liewe kinders, jy het my boodskap met 'n oop hart aangeneem, ofskoon jy nie geweet het wat die gebed was. Vandag nodig ek jou uit jou heeltemal vir my oop te stel, dan kan ek jou verander en lei na die Hart van my seun Jesus, sodat Hy jou met sy liefde kan vervul. My liewe kinders, net só sal jy die ware vrede vind, die vrede wat alleen God jou gee. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]