Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'openbaar'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'openbaar'

Total found: 6
Liewe kinders, Ek versoek julle vanaf vandag die weg van die heiligheid te kan wandel. Ek hou van julle en daarom verlang Ek dat julle heilig wees. Laat jou op die weg nie deur Satan verhinder. Liewe kinders, bid en neem alles in ontvangs wat God jou op hierdie weg wat ongeneeslik is, aanbied. Maar aan elkeen wat hierdie weg inslaan, openbaar God die vreugde en die verlange om van ganser harte gehoor te gee aan sy oproepe. Heg geen waarde aan die klein dinge nie, maar rig jou op die hemel.

Liewe kinders, ook vandag wil ek vir julle almal uitnooi om te bid, laat die gebed lewe vir julle is. Liewe kinders, gee tyd aan Jesus alleen en Hy sal alles gee wat jy soek. Hy sal homself in alle volheid aan julle openbaar. Liewe kinders, Satan is sterk en beloert elkeen van julle om hom of haar te bekoren. Bid, dan sal hy jou nie kan skaad en jy ook nie stop op die pad na die heiligheid. Liewe kinders, maak elke dag soveel moontlik vordering in die gebed tot God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Verbly jou met My, want my Hart verheug in Jesus. Ek wil Hom vandag aan julle gee. Liewe kinders, Ek wil dat elkeen van julle sy hart vir Jesus oopmaak. Ek sal Hom met liefde aan julle gee, want Hy is die wat julle verander, onderrig en beskerm. Vandag Ek bid op 'n besondere wyse vir elkeen van julle en Ek bied julle aan God aan; kan Hy homself aan julle openbaar. Ek nodig julle tot 'n opregte gebed uit,' n gebed vanuit jou hart. Mag elk van jou gebede 'n ontmoeting met God wees. Gee aan God die eerste plek in jou werk, in jou lewe van alledag. Gehoorsaam My vandag in alle opregtheid asseblief.

Vandag roep ek julle op vir die pad na die heiligheid. Bid om die skoonheid en die grootsheid van hierdie pad te kan verstaan waarop God hom op 'n besondere manier aan julle openbaar. Bid om oop te kan wees vir alles wat God deur julle doen, om die Here in jou lewe te kan bedank en jy te juig oor alles wat Hy deur elkeen doen. Ek seën julle ...

Liewe kinders, vandag wil ek vir julle sê dat ek van julle hou. Ek hou van julle met moederlike liefde en ek roep julle op om jouself ten volle vir my oop te stel, sodat ek deur elkeen van julle hierdie wêreld, waarin soveel sonde en slegte dinge is, kan bekeer en red. Daarom, my liewe kinders, stel jou heeltemal vir my oop, sodat ek julle steeds meer kan lei na die wonderlike liefde van God, die Skepper, wat homself dag na dag aan julle openbaar. Ek is met julle en ek wil julle God, wat van jou hou, leer ken en laat sien. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag nooi ek elkeen van julle uit om weer te begin God bo alles lief te hê. Eers God wat elkeen van julle gered en verlos het, en dan die broers en susters in julle omgewing. Liewe kinders, sonder liefde kan jy nie groei in heiligheid en kan jy geen goeie werke doen. Bid daarom, liewe kinders, bid sonder ophou dat God jou sy Liefde openbaar. Ek het jou almal genooi jy saam met My te verenig en te bemin. Ook vandag is ek met julle en nodig jy uit die liefde in julle harte en gesinne te ontdek. Jy moet liefhê, sodat God in jou hart kan lewe. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]