Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'ontmoet'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'ontmoet'

Total found: 6
Liewe kinders, Ek nodig julle uit na gebed, sodat julle God mag ontmoet in die gebed. God gee hom aan julle, maar Hy wil hê dat julle in alle vryheid gehoor gee aan sy oproep. Kinders, neem daarom in die loop van die dag 'n vaste tyd om in vrede en nederigheid te bid en hierdie ontmoeting met die Skepper te hê. Ek is met julle en Ek kom voor julle tussenbeide by God. Sorg daar dus voor dat elk van hierdie ontmoetings geteken mag wees met vreugde deur die kontak met God.

Liewe kinders, vandag nooi ek julle weer uit na die gebed. Ek roep julle steeds op en tog is julle nog ver weg. Besluit daarom vanaf vandag ernstig tyd te wy aan God. Ek is met julle en wil julle leer bid met jou hart. In die gebed van die hart sal jy God ontmoet. Bid daarom, kinders, bid, bid!

Liewe kinders, Ek roep julle op na die gebed met jou hart, sodat jou gebede 'n gesprek met God mag wees. Ek verlang dat elkeen van julle meer tyd aan God wy. Satan is sterk. Hy wil julle vernietig en jy op duisend maniere bedrieg. Bid dus, liewe kinders, bid elke dag, sodat jou lewe 'n weldaad is vir jouself en vir almal wat jy sal ontmoet. Ek is met julle en ek beskerm julle, hoewel Satan my planne wil vernietig en die begeertes stop wat die hemelse Vader hier wil verwesenlik. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit die natuur in te gaan, want daar sal jy God, die Skepper, ontmoet. Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om God te dank vir alles wat Hy jou gee. Al dankend sal jy die Allerhoogste ontdek en al die gawes wat jy omring. Liewe kinders, God is groot en sy liefde vir elke skepsel is groot. Daarom bid, om God se liefde en goedheid te kan verstaan. Deur die goedheid en die liefde van God, van die Skepper, is ek ook as geskenk met julle. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag, nou die hemel julle op 'n besondere wyse naby is, Ek roep jou op tot gebed, sodat jy deur die gebed God op die eerste plek sou sit. My liewe kinders, vandag is Ek by julle en ek seën elkeen van julle met my moederlike seën, sodat jy sterkte en liefde vir alle mense mag hê, wat jy in jou aardse lewe ontmoet, en sodat jy die liefde van God deur kan gee . Ek verheug my met julle en ek wil jou sê dat jou broer Slavko in die hemel gebore is en vir julle ten beste spreek. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag verheug ek my met jou beskermheilige en nodig julle uit, oop te staan vir die wil van God, sodat die geloof in julle mag groei en deur julle in die mense wat jy in jou daaglikse lewe ontmoet. My liewe kinders, bid so lank tot die gebed vir julle 'n vreugde word. Vra jou beskermheilige om hulp, sodat jy mag groei in jou liefde tot God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]