Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'met'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'met'

Total found: 226
Liewe kinders, ek roep jou op dat hierdie tyd 'n nog groter aansporing tot gebed mag wees. Bid in hierdie tyd, my liewe kinders, dat Jesus in alle harte gebore mag word, veral ook in die wat Hom nie ken nie. Wees liefde, vreugde en vrede in hierdie wêreld sonder vrede. Ek is met julle en spreek vir elkeen van julle ten beste by God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag seën ek julle almal met my Seun, Jesus in my arms. Ek bring Hom, wat die Koning van die Vrede is, na elkeen van julle, sodat Hy julle sy vrede mag skenk. Ek is met jou en bemin jou almal, my liewe kinders. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek soos nog nooit tevore op jou hart oop te maak vir my boodskappe. Liewe kinders, wees diegene wat siele na God trek en nie diegene wat hulle van God wegvoer. Ek is met julle en bemin jou met 'n besondere liefde. Dit is 'n tyd van boete en bekering. Uit die grond van my hart roep ek jou op van my te wees met heel jou hart en dan sal jy sien dat jy God groot is, want Hy sal jou 'n oorvloed aan seëninge en vrede skenk. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag, terwyl ek na julle kyk met 'n hart vol liefde, wil ek jou graag sê, klein kinders, dat wat jy met volharding soek en waarna jy verlang, vir julle lê. Die volstaat om my Seun, in 'n gesuiwerde hart, op die eerste plek te stel en dan sal jy in staat wees om te sien. Luister na my en staan my toe om julle daar op moederlike wyse na toe te lei.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op, my boodskappe nog sterker te beleef in nederigheid en liefde, sodat die Heilige Gees jou met sy genade en krag kan vervul. Alleen op hierdie wyse sal jy getuig van vrede en vergifnis is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag is daar vreugde in my hart. Ek sou jou wil bedank omdat jy my plan realiseerbaar maak. Elkeen van julle is belangrik. Daarom, my liewe kinders, bid en verbly jou met my om elke hart wat hulle bekeer het en 'n instrument van vrede in die wêreld geword het. Gebedsgroepe is kragtig, en deur hulle kan ek sien, my liewe kinders, dat die Heilige Gees in die wêreld werk. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose
<<Previous  1 ... 10 11 12 13

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]