Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'kyk'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'kyk'

Total found: 6
God wil julle heilig maak. Daarom roep Hy julle via My tot volle oorgawe op. Laat die H. Mis vir julle die lewe wees. Verstaan goed dat die kerk die paleis van God is. Dit is die plek waar Ek julle saambring en waar Ek julle die weg na God wil wys. Kom en bid! Kyk nie na die ander. Antwoord hulle nie onvriendelike, maar laat jou lewe getuig van die pad na die heiligheid. Die kerke verdien respek, hulle is geheilig, want die mensgeworden God woon daar dag en nag. Geloof en bid daarom, kindertjies, sodat die Vader jou geloof versterk. En soek dan wat vir julle noodsaaklik is. Ek is met julle, Ek verheug my oor jou bekering en Ek beskerm julie met my moederlike mantel.

Liewe kinders, ek nodig julle uit jou voor God oop te stel. Kyk, kinders, hoe die natuur opengaat en lewe en vrugte gee. So nodig ook ek julle uit na die lewe met God en tot totale oorgawe aan Hom. Kinders, ek is met julle en ek wil julle sonder ophou in die vreugde van die lewe binnenleiden. Mag elkeen van julle die vreugde en die liefde ontdek wat hom alleen in God bevind en wat God alleen kan gee. God begeer niks anders as julle oorgawe. Liewe kinders, kies daarom ernstig voor God, want al die ander gaan verby. Net God bly.

Liewe kinders, vandag nooi ek julle almal uit om die liefde in jou hart te vergroot. Gaan die natuur in en kyk hoe die natuur tot lewe kom; dit sal vir julle 'n hulpmiddel wees om jou hart te open vir die liefde van God, van jou Skepper. Ek verlang van julle dat jy die liefde in julle gesinne bevorder, sodat, waar nou onrus en haat is, die liefde gaan heers. En as daar liefde in julle harte, dan is daar ook gebed. En, liewe kinders, vergeet met dat ek met julle is en julle met my gebed help, sodat God jou die krag sal gee om lief te hê. Ek seën en bemin julle met my moederlike liefde. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, in hierdie tyd waarin jy nog terugkyk na die afgelope jaar roep ek jou op diep in jou hart te kyk en te besluit dat jy nader aan God en by die gebed wil wees. Kinders, jy sit nog vas aan aardse dinge en slegs weinig aan die geestelike lewe. Mag my oproep 'n bemoediging vir jou wees voor God te kies en vir jou daaglikse bekering. Jy kan jou nie bekeer as jy die sonde nie verlaat en nie kies vir die liefde tot God en tot jou naaste. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek julle tot gebed op. My kinders, glo dat deur eenvoudig gebed wonders bewerk kan word. Deur jou gebed open jy jou hart vir God en doen Hy wonderwerke in jou lewe. Deur na die vrugte te kyk word jou hart vol van vreugde en dankbaarheid teenoor God vir alles wat Hy in jou lewe doen en deur julle vir ander. Bid en glo, my kinders, God gee jou genaden en jy sien dit nie. Bid en jy sal dit sien. Mag jou dag gevul is met gebed en danksegging vir alles wat God jou gee. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag, terwyl ek na julle kyk met 'n hart vol liefde, wil ek jou graag sê, klein kinders, dat wat jy met volharding soek en waarna jy verlang, vir julle lê. Die volstaat om my Seun, in 'n gesuiwerde hart, op die eerste plek te stel en dan sal jy in staat wees om te sien. Luister na my en staan my toe om julle daar op moederlike wyse na toe te lei.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]