Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'kosbaar'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'kosbaar'

Total found: 2
Liewe kinders, God het my hierdie tyd gegee as 'n geskenk vir julle, sodat ek jou kan leer en kan lei op die weg van die heil. Liewe kinders, nou verstaan jy hierdie genade nie, maar spoedig sal die tyd kom dat jy met weemoed terug sal dink aan hierdie boodskappe. Leef daarom, my liewe kinders, volgens al die woorde wat ek jou tydens hierdie tyd van genade gegee het en bly bid, totdat die gebed vir julle vreugde word. Heel besonder nodig ek diegene uit wat hulle aan my Onbevlekte Hart het toegewy om vir ander 'n voorbeeld te wees. Ek nooi alle priesters en alle manlike en vroulike religieuse uit die rosekrans te bid en dit aan ander te leer bid. Liewe kinders, die rosekrans is vir my besonder kosbaar. Open jou hart vir my deur die bid van die rosekrans, dan kan ek julle help. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag bid ek vir jou en met jou, sodat die Heilige Gees jou mag help, en jou geloof vermeerder, sodat jy die boodskappe nog meer aanvaar, wat ek julle hier in hierdie heilige plek gee. Liewe kinders, verstaan dat dit 'n tyd van genade is vir elkeen van julle. By my, my liewe kinders, is julle veilig. Ek sou julle almal op die weg van die heiligheid wil lei. Leef volgens my boodskappe en sit elke woord wat ek jou gee, in die lewe om. Mag die boodskappe kosbaar vir jou wees omdat hulle uit die hemel kom. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]