Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'groot'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'groot'

Total found: 25
Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit die natuur in te gaan, want daar sal jy God, die Skepper, ontmoet. Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om God te dank vir alles wat Hy jou gee. Al dankend sal jy die Allerhoogste ontdek en al die gawes wat jy omring. Liewe kinders, God is groot en sy liefde vir elke skepsel is groot. Daarom bid, om God se liefde en goedheid te kan verstaan. Deur die goedheid en die liefde van God, van die Skepper, is ek ook as geskenk met julle. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ek is met julle en ek seën jou almal met my moederlike seën. Veral vandag, nou God jou in oorvloed genade gee. Bid en soek God deur my. God gee jou groot barmhartigheid, liewe kinders. Benut daarom hierdie barmhartigheid tyd en nader aan my Hart, sodat ek jou na my Seun, Jesus kan lei. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, dit is die tyd van groot barmhartigheid, maar ook die tyd van groot beproewings vir almal wat die weg van die vrede wil volg. Daarom, my liewe kinders, nodig ek jou weer uit: Bid, bid, bid, nie met woorde nie, maar met die hart. Beleef my boodskappe en bekeer jou. Wees jy bewus van die gawe wat God my toegelaat het by julle te wees, veral vandag, nou dat ek die klein Jesus - die Koning van die Vrede - in my arms het. Ek wil julle die vrede gee. Dra hierdie vrede in jou hart en gee haar deur aan ander nie, totdat die vrede van God in die wêreld die oorhand kry. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou met groot vreugde op, na my boodskappe te lewe. Ek is met julle en ek dank jou dat jy in die lewe het omgeskakel wat ek jou sê. Ek roep julle op, met nuwe begeestering en blydskap, my boodskappe nog meer te verwesenlik. Mag die gebed jou daaglikse taak wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek soos nog nooit tevore op jou hart oop te maak vir my boodskappe. Liewe kinders, wees diegene wat siele na God trek en nie diegene wat hulle van God wegvoer. Ek is met julle en bemin jou met 'n besondere liefde. Dit is 'n tyd van boete en bekering. Uit die grond van my hart roep ek jou op van my te wees met heel jou hart en dan sal jy sien dat jy God groot is, want Hy sal jou 'n oorvloed aan seëninge en vrede skenk. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]