Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'eie'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'eie'

Total found: 11
Vandag nodig Ek julle uit om nederig alle boodskappe na te lewe wat Ek julle gee. Liewe kinders, word nie trots op die feit dat julle die boodskappe nakom. As julle dit in jou hart dra en hulle in praktyk bring, sal almal dit verneem. Daar sal geen woorde nodig is. Hulle moet net herhaal word vir diegene wat nie luister nie. Dit is vir julle nie nodig het met woorde te sê. Julle getuienis is jou eie lewe.

Liewe kinders, vandag nodig Ek julle uit om in die Kerk te werk. Ek bemin julle almal met dieselfde liefde en Ek wens dat elkeen na sy eie vermoëns al die moontlike doen. Liewe kinders, julle kan dit, dit weet Ek. Maar julle wil dit nie, omdat julle julle klein en swak voel. Wees moedig en bied bloempjes aan die Kerk en aan Jesus aan, sodat ons almal tevrede wees.

Liewe kinders, julle is verantwoordelik vir die boodskappe. Hier is 'n bron van genaden en julle, liewe kinders, is die vazen waarin die gawes deurgegee word. Daarom, liewe kinders, nodig Ek julle uit om hierdie werk, julle eie werk, met verantwoordelikheid uit te voer, elkeen na sy vermoë. Liewe kinders, Ek nodig julle uit om die gawes liefdevol aan ander te gee en hulle nie vir jouself te bewaar.

Wat 'n vreugde gee julle my, julle wat die weg van die heiligeheid bewandel. Ek versoek julle om almal wat nie heilig lewe te help deur julle getuienis. Daarom moet jou familie die plek is waar die heiligheid gebore word. Help almal om in heiligheid te leef, veral die lede van jou eie gesin.

Liewe kinders, vandag bring ek julle op besondere wyse die klein Jesus, sodat Hy jou kan seën met sy seën van vrede en liefde. Vergeet nie, liewe kinders, dat dit 'n genade is, wat baie mense nie verstaan nie en nie aanneem. Julle wat van jouself sê my toe te behoort en my hulp soek, gee jy dan ook heeltemal. Gee jou liefde en voorbeeld op die eerste plek in jou eie familie. Julle sê dat Kersfees 'n familie is. Liewe kinders, gee God dan ook in jou gesin die eerste plek, sodat Hy julle die vrede kan gee en dat Hy julle nie alleen vir oorlog nie, maar ook in vredestijd vir elke aanval van die duiwel kan bewaar. As God met jou is besit jy alles, as jy Hom egter nie wil aanvaar is jy arm en verlore en weet jy nie aan watter kant jy staan. Daarom, liewe kinders, kies vir God, dan verwerf jy alles. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, meer as ooit, roep ek julle op te bid. Jou lewe moet 'n ononderbroke gebed word. Jy kan nie bid sonder liefde! Daarom roep ek julle op om op die eerste plek God, die Skepper van julle lewe te hê. Dan sal jy ook in alle mense God herken en liefhê, soos Hy julle liefhet. Liewe kinders, dit is 'n genade dat ek by julle is. Neem daarom vir jou eie beswil my boodskappe aan en leef daar na. Ek hou van julle, daarom het ek by julle om jou te onderrig en te bring tot 'n nuwe lewe van tugtiging en bekering. Alleen op die manier sal julle God en alles, waar jy nou nog ver van verwyder is, ontdek. Daarom, my liewe kinders, bid! Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag wil ek jou bedank vir al die gebede en offers wat jy my in hierdie maand, wat aan my is toegewyd, het gebring. My liewe kinders, ek wil graag dat jy almal aktief word in hierdie tyd, wat deur my op besondere wyse met die hemel verbind is. Bid, om beter te kan verstaan, dat julle almal deur julle lewe en voorbeeld mee moet werk aan die werk van die Verlossing. My liewe kinders, ek wil graag dat die mense hulle bekeer en in julle my en my Seun herken. Ek sal vir elkeen van julle ten beste spreek en jou help self tot lig te word. As jy ander help, kom dat jou eie siel ook ten goede. Dankie dat jy aan my oproep gevolg gegee het.

Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit na te dink oor jou toekoms. Op eie krag alleen skep jy 'n nuwe wêreld sonder God en daarom is jy ontevrede en sonder vreugde in jou hart My liewe kinders, hierdie tyd is my tyd en daarom nodig ek jou weer uit tot bid. As jy die eenheid met God gevind het, sal jy honger na God se Woord. Waar jy ook is, sal jy getuig van die liefde van God. Ek seën jou en herhaal dat ek by julle is om jou te help. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag nodig ek jou nadruklik uit die kruis in jou hande te neem en die wonde van Jesus te aanskou. Liewe kinders, smeek Jesus, dat Hy die wonde genees, wat jy tydens jou lewe deur jou eie sondes en die van jou ouers gekry het. Alleen so, liewe kinders, sal jy verstaan dat die wêreld die genesing van die geloof in God, die Skepper, nodig het. Deur die lyding en die dood van Jesus aan die kruis sal jy verstaan dat julle ook net deur die gebed ware apostels van die geloof kan word as jy in eenvoud en biddend die geloof beleef, dat 'n geskenk van God is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag nodig ek jou uit tot vas en tugtiging. My liewe kinders, verzaaken aan wat jy hindert om nader aan Jesus te kom. Heel spesiaal nodig ek jou uit te bid, want alleen deur gebed kan jy jou eie wil eenkant sit en God se Wil ontdek, selfs in die kleinste dinge. Dan word julle, my liewe kinders, deur jou daaglikse lewe tot voorbeeld en getuig jy dat jy vóór Jesus leef. My liewe kinders, ek verlang dat jy apostels van liefde word. Aan julle liefde sal hulle erken dat jy my behoort. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ek roep julle ook vandag op om jouself oop te maak vir die gebed. In die afgelope vastentijd het jy verstaan, hoe klein jy is en hoe klein jou geloof is. Kinders, kies ook vandag vir God, sodat Hy in julle en deur julle die harte van die mense verander, en ook jou eie hart. Wees vreugdevolle draers van die verrese Jesus in hierdie onrustige wêreld, wat vurig verlang na God en na alles wat van God kom. My liewe kinders, ek is met julle en bemin jou met 'n besondere liefde. Dankie, dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]