Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'dinge'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'dinge'

Total found: 13
Dank God vir alle barmhartigheid wat Hy julle gegee het. Dank die Here vir alle vrugte en prys Hom. Liewe kinders, jy moet leer om Hom te bedank vir die klein dinge, alleen dan kan jy Hom bedank vir die grote.

Alle dinge het hul tyd. Vandag nodig Ek julle uit aan jou hart te gaan werk. Tans is die werk op die veld afgelope. Julle vind die tyd om die mees verwaarloosde plekke skoon te maak, maar julle gee geen aandag aan jou hart. Werk meer om nou elke verborge hoek van jou hart met liefde te reinig.

Hierdie vastentijd is vir julle 'n ekstra aansporing om jou lewe te verander. Begin daarmee van nou af aan: Sit jou TV af en laat soveel ander nuttelose dinge agterweë. Liewe kinders, Ek spoor julle aan tot persoonlike bekering: daarvoor is dit nou die tyd.

Ek nooi julle uit om in alles 'n voorbeeld vir die ander te wees, veral deur jou gebed en jou getuienis. Liewe kinders, sonder julle kan Ek die wêreld nie help nie. Ek wens dat julle in alles met my saamwerk, selfs in die kleinste dinge. Help My daarom, liewe kinders. Laat jou gebed uit die hart kom en gee jou heeltemal aan my oor. So sal Ek julle kan leer en lei op die weg wat Ek met julle is gaan bewandel.

Liewe kinders, Ek versoek julle vanaf vandag die weg van die heiligheid te kan wandel. Ek hou van julle en daarom verlang Ek dat julle heilig wees. Laat jou op die weg nie deur Satan verhinder. Liewe kinders, bid en neem alles in ontvangs wat God jou op hierdie weg wat ongeneeslik is, aanbied. Maar aan elkeen wat hierdie weg inslaan, openbaar God die vreugde en die verlange om van ganser harte gehoor te gee aan sy oproepe. Heg geen waarde aan die klein dinge nie, maar rig jou op die hemel.

Liewe kinders, Ek nodig julle uit tot oorgawe aan God. In hierdie tyd verlang Ek spesiaal dat julle afstand doen van die dinge waaraan julle geheg is en wat jou geestelike lewe skade doen. Liewe kinders, kies geheel en al vir God en staan Satan nie toe in jou lewe binne te kom deur die dinge wat julle en jou geestelike lewe verkeerd berokken. Kinders, God bied hom in sy volheid aan julle aan. Julle kan Hom slegs ontdek en leer ken in die gebed. Besluit daarom tot die gebed.

Liewe kinders, vandag roep ek jou op om nog nader aan God te kom deur die gebed. Alleen op die manier kan ek julle help en julle beskerm teen elke aanval van die duiwel. Ek is met julle en spreek voor julle by God ten beste, sodat Hy jou beskerm. Jy gebed en jy jawoord is daarvoor egter noodsaaklik. Julle verloor jouself maklik in materiële en menslike dinge en vergeet dat God jou grootste vriend is. Daarom, liewe kinders, kom nader aan God, sodat Hy jou kan beskerm en vir alle kwaad kan bewaar. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag wil ek vir julle sê dat ek van julle hou. Ek hou van julle met moederlike liefde en ek roep julle op om jouself ten volle vir my oop te stel, sodat ek deur elkeen van julle hierdie wêreld, waarin soveel sonde en slegte dinge is, kan bekeer en red. Daarom, my liewe kinders, stel jou heeltemal vir my oop, sodat ek julle steeds meer kan lei na die wonderlike liefde van God, die Skepper, wat homself dag na dag aan julle openbaar. Ek is met julle en ek wil julle God, wat van jou hou, leer ken en laat sien. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit tot die belewing van die vrede in jou hart en in jou gesin. My liewe kinders, daar is geen vrede waar mens nie bid nie en daar is geen liefde waar die geloof ontbreek. Daarom, my liewe kinders, nodig ek jou almal uit vandag weer die besluit te neem jou te bekeer. My liewe kinders, ek is met julle en nodig julle almal op my skoot uit jou te help. Maar jy wil nie en daarom verlei satan jou en verloor jy die geloof tot in die kleinste dinge. Om die rede, my liewe kinders, bid, want deur die gebed sal jy seën verkry en vrede hê. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag nodig ek jou uit tot vas en tugtiging. My liewe kinders, verzaaken aan wat jy hindert om nader aan Jesus te kom. Heel spesiaal nodig ek jou uit te bid, want alleen deur gebed kan jy jou eie wil eenkant sit en God se Wil ontdek, selfs in die kleinste dinge. Dan word julle, my liewe kinders, deur jou daaglikse lewe tot voorbeeld en getuig jy dat jy vóór Jesus leef. My liewe kinders, ek verlang dat jy apostels van liefde word. Aan julle liefde sal hulle erken dat jy my behoort. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, soek die vrede en die geluk nie tevergeefs op verkeerde plekke en in verkeerde dinge. Staan nie toe dat jou hart verhard deur jou ydelheid. Roep die naam van my Seun aan. Neem Hom in jou hart op. Alleen in die naam van my Seun sal jy die ware geluk en die ware vrede in jou hart beleef. Alleen so sal jy die liefde van God erken en verder versprei. Ek roep jou op my apostels te wees.

Liewe kinders, vandag roep ek jou almal op te besluit die weg van die heiligheid te kan wandel. My liewe kinders, plaas beide in jou gedagtes soos in elke situasie die heiligheid op die eerste plek; in elke werk, in elke oproep. So sal jy die heiligheid in praktyk kan bring. Geleidelik, stap vir stap sal in jou familie die gebed en het besluit tot heiligheid sy intrede doen. Wees werklik by jouself en bind jou nie aan materiële dinge nie, maar aan God. En vergeet nie, liewe kinders, dat jou lewe verganklik is soos 'n blom. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, in hierdie tyd waarin jy nog terugkyk na die afgelope jaar roep ek jou op diep in jou hart te kyk en te besluit dat jy nader aan God en by die gebed wil wees. Kinders, jy sit nog vas aan aardse dinge en slegs weinig aan die geestelike lewe. Mag my oproep 'n bemoediging vir jou wees voor God te kies en vir jou daaglikse bekering. Jy kan jou nie bekeer as jy die sonde nie verlaat en nie kies vir die liefde tot God en tot jou naaste. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]