Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'diep'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'diep'

Total found: 5
Liewe kinders, vandag seën ek julle op 'n spesiale wyse met my moederlike seën en kom ek vir julle tussenbeide by God, sodat Hy jou die bekering van jou hart gee. Al jare roep ek julle op en spoor ek julle aan tot 'n diep geestelike lewe in alle eenvoud, maar julle is so koel! Daarom, kindertjies, aanvaar en beleef die boodskappe asseblief ernstig, sodat jou siel nie bedroef is wanneer ek nie meer by julle sal wees en wanneer ek jou nie meer sal lei as 'n kind wat onseker sy eerste stappe sit. Liewe kinders, lees daarom elke dag die boodskappe wat Ek julle gegee het en sit dit om in die lewe. In bemin julle en daarom nodig Ek julle almal uit na die pad na die heil met God.

Liewe kinders, ek nodig jy weer uit tot gebed. Jy kan jou nie verontskuldig deur baie werk; die natuur is immers nog in diep slaap. Open jouself in gebed. Opnuut die gebed in jou gesin. Plaas die Bybel op 'n sigbare plek in jou huis. Lees hom, oorweeg hom, en leer hoe God sy volk liefhet. Sy liefde laat Hy ook besonder sien in hierdie tyd, deur my na julle te stuur om jou na die pad van die heil te roep. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op tot gebed. Kinders, wees blije draers van vrede en liefde in hierdie wêreld sonder vrede. Getuig deur vas en gebed dat jy van my is en dat jy my boodskappe beleef. Bid en soek. Ek bid tot God en kom by Hom vir jou tussenbeide sodat jy jou bekeer. Mag jou lewe en gedrag altyd diep Christelike wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, in hierdie tyd waarin jy nog terugkyk na die afgelope jaar roep ek jou op diep in jou hart te kyk en te besluit dat jy nader aan God en by die gebed wil wees. Kinders, jy sit nog vas aan aardse dinge en slegs weinig aan die geestelike lewe. Mag my oproep 'n bemoediging vir jou wees voor God te kies en vir jou daaglikse bekering. Jy kan jou nie bekeer as jy die sonde nie verlaat en nie kies vir die liefde tot God en tot jou naaste. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou tot gebed op. My liewe kinders, bid totdat die gebed jou tot vreugde word. Alleen so sal elkeen van julle die vrede in die hart ontdek en sal jy diep tevrede wees. Jy sal die behoefte sien, die liefde, wat jy in jou hart en in jou lewe gewaar word aan ander oor te bring. Ek is met julle en doen voorspraak by God vir julle almal. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]