Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'boodskappe'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'boodskappe'

Total found: 69
Liewe kinders, vandag roep ek jou op, die gebed in jou lewe op die eerste plek te sit. Bid, my liewe kinders, en mag die gebed vir julle tot vreugde wees. Ek is met jou en spreek vir elkeen van julle ten beste. Liewe kinders, wees bly draers van my boodskappe. Mag jou lewe saam met my vir julle 'n vreugde wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag bid ek vir jou en met jou, sodat die Heilige Gees jou mag help, en jou geloof vermeerder, sodat jy die boodskappe nog meer aanvaar, wat ek julle hier in hierdie heilige plek gee. Liewe kinders, verstaan dat dit 'n tyd van genade is vir elkeen van julle. By my, my liewe kinders, is julle veilig. Ek sou julle almal op die weg van die heiligheid wil lei. Leef volgens my boodskappe en sit elke woord wat ek jou gee, in die lewe om. Mag die boodskappe kosbaar vir jou wees omdat hulle uit die hemel kom. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag is ek in gebed by julle, sodat God jou 'n nog sterker geloof gee. My liewe kinders, jou geloof is klein en tog is jy nie daarvan bewus hoe min jy bereid is die gawe van die geloof by God te soek. Daarom het ek met julle, my liewe kinders, om jou te help om my boodskappe te verstaan en hulle in die lewe om te sit. Bid, bid, bid. Slegs in die geloof, en deur gebed, sal jou siel vrede vind en sal die wêreld die vreugde vind met God te wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, dit is die tyd van groot barmhartigheid, maar ook die tyd van groot beproewings vir almal wat die weg van die vrede wil volg. Daarom, my liewe kinders, nodig ek jou weer uit: Bid, bid, bid, nie met woorde nie, maar met die hart. Beleef my boodskappe en bekeer jou. Wees jy bewus van die gawe wat God my toegelaat het by julle te wees, veral vandag, nou dat ek die klein Jesus - die Koning van die Vrede - in my arms het. Ek wil julle die vrede gee. Dra hierdie vrede in jou hart en gee haar deur aan ander nie, totdat die vrede van God in die wêreld die oorhand kry. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Hierdie jaar het hulle duisende pelgrims versamel om die rosekrans te bid in die Cenacolo-gemeenskap te Medjugorje. Die verskyning begin om 8.55 uur en geduur tot 9.02 uur.
Liewe kinders, veral in hierdie heilige tyd van boete en gebed roep ek jou op 'n keuse te maak. God het jou die vrye wil gegee om te kies vir die lewe, of die dood. Luister met die hart na my boodskappe, sodat jy mag insien wat jy moet doen en hoe jy die pad na die lewe sal vind. My kinders, sonder God kan jy niks; vergeet dit geen enkele oomblik! Wat sal jy wees as jy jou na die aarde terugkeer? Maak God nie kwaad nie, maar volg my, volg die lewe. Dankie dat julle hier is!

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou met groot vreugde op, na my boodskappe te lewe. Ek is met julle en ek dank jou dat jy in die lewe het omgeskakel wat ek jou sê. Ek roep julle op, met nuwe begeestering en blydskap, my boodskappe nog meer te verwesenlik. Mag die gebed jou daaglikse taak wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek soos nog nooit tevore op jou hart oop te maak vir my boodskappe. Liewe kinders, wees diegene wat siele na God trek en nie diegene wat hulle van God wegvoer. Ek is met julle en bemin jou met 'n besondere liefde. Dit is 'n tyd van boete en bekering. Uit die grond van my hart roep ek jou op van my te wees met heel jou hart en dan sal jy sien dat jy God groot is, want Hy sal jou 'n oorvloed aan seëninge en vrede skenk. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op, my boodskappe nog sterker te beleef in nederigheid en liefde, sodat die Heilige Gees jou met sy genade en krag kan vervul. Alleen op hierdie wyse sal jy getuig van vrede en vergifnis is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, weer roep ek jou op oop te staan vir my boodskappe. My liewe kinders, ek wil jou almal nader aan my Seun, Jesus bring; bid en vas daarom. Ek roep jou veral op vir my bedoelings te bid, sodat ek julle aan my Seun kan aanbied. Hy sal jou hart verander en oop vir die liefde. Wanneer jy liefde in jou hart het, sal ook die vrede in jou woon. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose
<<Previous  1 2 3 4

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]