Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'bid'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'bid'

Total found: 188
Liewe kinders, ook vandag roep ek julle op vir die vrede te bid. Bid saam met die hart, klein kinders, en gee die hoop nie op nie, want God liefhet sy skepsels. Hy begeer jou, elkeen afsonderlik, te red deur my koms hier. Ek roep jy na die weg van die heiligheid. Bid. In die gebed open jy jou vir wat God wil, en so kan jy alles verwesenlik wat betref die plan van God in jou lewe. Dankie dat ge aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op tot gebed. Opnuut jou persoonlike gebed en bid spesiaal vir die Heilige Gees sodat Hy jou kan help met die hart te bid. Ek praat vir elkeen van julle ten beste, my liewe kinders, en roep julle almal tot bekering op. As jy jou bekeer, sal ook almal om jou heen vernuwe word en sal die gebed 'n vreugde vir hulle is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou tot gebed op. My liewe kinders, bid totdat die gebed jou tot vreugde word. Alleen so sal elkeen van julle die vrede in die hart ontdek en sal jy diep tevrede wees. Jy sal die behoefte sien, die liefde, wat jy in jou hart en in jou lewe gewaar word aan ander oor te bring. Ek is met julle en doen voorspraak by God vir julle almal. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op, God in jou hart te dank vir alle barmhartigheid wat Hy jou gee. Dank God ook vir die tekens en kleure wat daar in die natuur wees. God sou jy graag nader na Hom toe bring en Hy moedig jou aan, Hom eer en dank te betuig. Daarom roep ek jou weer op, my liewe kinders: bid, bid, bid en vergeet nie dat ek by julle is. Ek praat by God so lank ten beste vir elkeen van julle tot jou vreugde in Hom volkome is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ek roep jou op dat hierdie tyd 'n nog groter aansporing tot gebed mag wees. Bid in hierdie tyd, my liewe kinders, dat Jesus in alle harte gebore mag word, veral ook in die wat Hom nie ken nie. Wees liefde, vreugde en vrede in hierdie wêreld sonder vrede. Ek is met julle en spreek vir elkeen van julle ten beste by God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag roep ek julle op te bid. Bid, liewe kinders, spesiaal vir al diegene wat God se liefde nie leer ken het. Bid dat hulle hulle harte oopmaak en nader aan my Hart en die Hart van my Seun kom, sodat ons hulle in mense van vrede en liefde kan verander. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag is daar vreugde in my hart. Ek sou jou wil bedank omdat jy my plan realiseerbaar maak. Elkeen van julle is belangrik. Daarom, my liewe kinders, bid en verbly jou met my om elke hart wat hulle bekeer het en 'n instrument van vrede in die wêreld geword het. Gebedsgroepe is kragtig, en deur hulle kan ek sien, my liewe kinders, dat die Heilige Gees in die wêreld werk. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, weer roep ek jou op oop te staan vir my boodskappe. My liewe kinders, ek wil jou almal nader aan my Seun, Jesus bring; bid en vas daarom. Ek roep jou veral op vir my bedoelings te bid, sodat ek julle aan my Seun kan aanbied. Hy sal jou hart verander en oop vir die liefde. Wanneer jy liefde in jou hart het, sal ook die vrede in jou woon. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose
<<Previous  1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]