Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » Text version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'arms'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'arms'

Total found: 6
Liewe kinders, vandag is ek op besondere wyse by julle. Terwyl ek die klein Jesus in my arms hou nodig ek julle, my liewe kinders, uit oop te staan vir sy oproep. Hy nooi julle uit tot vreugde. My liewe kinders, beleef met vreugde die boodskap van die evangelie, wat ek vir julle herhaal vanaf die oomblik dat ek by julle is. My liewe kinders, ek is jou Moeder en ek wil jou die God van liefde en vrede laat ontdek. Ek wil nie hê dat jou lewe treurig is, maar dat dit volgens die Evangelie, in vreugde vir die ewigheid geleef word. Alleen so het jou lewe sin. Dankie dat jy aan my oproep gehoor het gegegeven.

Liewe kinders, dit is die tyd van genade. My liewe kinders, vandag op besondere wyse met die klein Jesus, wat ek in my arms hou, gee ek julle die geleentheid om vir die vrede te kies. Deur julle 'ja' vir die vrede en julle keuse vir God gaan daar 'n nuwe moontlikheid vir die vrede oop. Alleen so, my liewe kinders, sal hierdie tyd 'n tyd van vrede en welsyn is. Gee daarom die pasgebore Jesus die eerste plek in jou lewe, sodat Hy jou op die weg van die heil kan bring. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag, nou God my toegelaat het, met die klein Jesus in my arms by julle te wees, verheug ek my met julle en dank God vir alles wat Hy in hierdie Jubileumjaar gedoen het. Ek dank God, veral vir alle roepings wat aan God hul totale ja-woord gegee het. Ek seën julle almal met my seën en met die seën van die pasgebore Jesus. Ek bid vir julle almal, sodat die vreugde in jou hart gebore word, sodat jy ook in vreugde die vreugde kan dra, wat ek nou het. In hierdie Kind bring ek jou die Verlosser van jou hart en een wat jy tot heiligheid van die lewe oopmaak. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, vandag roep ek jou op en moedig ek jou aan om die vrede te bid. Spesiaal vandag roep ek jou op, terwyl ek julle in my arms die pasgebore Jesus bring, jy deur die gebed met Hom te verenig en so 'n teken vir hierdie onrustige wêreld te word. My liewe kinders, spoor mekaar aan tot gebed en liefde. Mag jou geloof 'n aansporing vir die ander is, sodat hulle meer glo en liefhet. Ek seën julle almal en roep jou op, nader aan my Hart en die Hart van die klein Jesus te wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, dit is die tyd van groot barmhartigheid, maar ook die tyd van groot beproewings vir almal wat die weg van die vrede wil volg. Daarom, my liewe kinders, nodig ek jou weer uit: Bid, bid, bid, nie met woorde nie, maar met die hart. Beleef my boodskappe en bekeer jou. Wees jy bewus van die gawe wat God my toegelaat het by julle te wees, veral vandag, nou dat ek die klein Jesus - die Koning van die Vrede - in my arms het. Ek wil julle die vrede gee. Dra hierdie vrede in jou hart en gee haar deur aan ander nie, totdat die vrede van God in die wêreld die oorhand kry. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

Liewe kinders, ook vandag seën ek julle almal met my Seun, Jesus in my arms. Ek bring Hom, wat die Koning van die Vrede is, na elkeen van julle, sodat Hy julle sy vrede mag skenk. Ek is met jou en bemin jou almal, my liewe kinders. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.

To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]